As kinders ‘n ander langtermyn-gesondheidsprobleem/probleme het, kan hulle sieker raak met COVID-19. Ons praat van kinders met mediese toestande wat gereeld dokter of kliniek toe moet gaan. ʼn Paar voorbeelde is: kinders wat diabetes, hartsiektes, asma, tuberkulose, kanker, niersiektes, serebrale gestremdheid en MIV het. As jou kind een van hierdie toestande het, is dit dalk nodig dat hy/sy by die huis bly en kontak met ander (volwassenes en kinders) vermy. Hulle moet dalk by die huis bly en nie skool toe gaan nie – bespreek dit met jou kind se kliniek of dokter. Lede van die familie moet ekstra versigtig wees met sosiale distansiëring, die was van hande en die dra van lapmaskers wanneer hulle by die kind is.
Categories