Die situasie met COVID-19 is baie moeilik en het aanleiding gegee tot baie veranderinge in hoe dienste werk. Jy het dalk probleme by ‘n kliniek, polisiestasie of wanneer jy gesondheids- of maatskaplike dienste gebruik. Diensverskaffers moet ook gewoond raak aan ʼn nuwe manier van dinge doen, en hulle weet dalk ook nie altyd wat die nuutste reëls is nie.
Dit kan stresvol wees vir jou en vir hulle. As jy bereid is om aan te pas, kan dit vir jou makliker wees om dinge gedurende hierdie tyd te hanteer. Dit kan help as jy dink aan hoe jy in die verlede deur moeilike tye gekom het.