Categories
PIP Afrikaans

How can I protect my child when they go out: Wat moet gedoen word om my kind daarteen te beskerm om covid-19 by die skool te kry of ander aan te steek?

Sê vir jou kind om hom/haar so te beskerm:

  • As hulle ouer as 2 is, en as hulle kan, moet hulle ʼn lapmasker dra wat hulle neus en mond bedek
  • Sosiale distansiëring – bly ten minste 1 tot 2 meter weg van ander
  • Moenie aan ander raak nie! Vermy drukkies en “high fives”
  • Was of ontsmet hande dikwels: wanneer jy by die skool aankom, voor & na jy eet of toilet toe gaan en as jy per ongeluk aan iemand geraak het. Probeer om nie aan jou gesig of masker te raak nie.
  • Moenie dieselfde koppies, eetgerei, skryfbehoeftes of bottels as ander gebruik nie.
  • Hoes of nies in jou elmboog of ‘n papiersakdoekie. Gooi die gebruikte papiersakdoekie in ‘n vuilgoedemmer.
  • Volg die skoolreëls oor waar en wanneer jy by die skool kan in- en uitgaan.
  • As jou kind (of iemand by die huis) siek is, moet hy/sy nie skool toe gaan nie.