Hoe kan ek saneermiddels en ontsmettingsmiddels veilig by die huis bêre?
Gedurende hierdie tyd word daar meer bleikmiddels en handsaneermiddels gebruik – maak seker dit is BUITE DIE BEREIK VAN ALLE KINDERS.
- Moenie hierdie oplossings in houers sit waar dit met koeldrank of water verwar kan word nie
- Was al die kinders se eetgerei en speelgoed wat hulle in hulle mond kan sit, met seepwater
- Moenie speelgoed en eetgerei van kinders met bleikmiddels afvee nie, want dit sal giftig wees vir kinders wanneer hulle dit in hulle mond sit. Gebruik eerder ‘n seepwateroplossing.
- Ouer kinders kan betrokke raak by hulle eie sorg. Dit help as hulle weet hoekom jy hulle vra om iets te doen.
- Kinders se hande moet dikwels gewas word, veral voor en na maaltye. En soveel keer tussen maaltye as wat prakties moontlik is. Gewone seep en water is die beste.
- Jy kan ʼn speletjie met kinders speel en hulle leer om ʼn liedjie te sing terwyl julle hande was.