Dit is normaal om bekommerd te wees gedurende hierdie moeilike tyd van COVID-19. Dit is ‘n normale manier van reageer op ‘n baie abnormale situasie. Maar vir sommige mense kan die bekommernis, stres en vrees te veel word. Hoe weet jy dat jy jou te veel bekommer?
- Jy is uiters bekommerd dat jy COVID-19 gaan kry (selfs al doen jy dinge om veilig te bly, soos om binne te bly, jou afstand van ander te hou en jou hande gereeld te was)
- Jy kan nie slaap nie omdat jy nie kan ophou om jou te bekommer nie
- Jy lees die hele tyd boodskappe op sosiale media of luister na die nuus oor COVID-19
- Jy kan nie ontspan of ophou om te stres nie
- Jy is die heeltyd bang dat daar iets vreesliks gaan gebeur
- Jy is geïrriteerd met ander vir geen rede nie
- Jy is nie in staat om aan te gaan met die gewone dinge wat jy in die huis doen nie, soos om aan te trek, te kook of skoon te maak
- Jy voel gespanne in jou nek, skouers of rug, of het ‘n omgekrapte maag omdat jy konstant bekommerd is
As jy voel dat jy jou te veel bekommer, praat asseblief met iemand.
Hulplyne
Hou aan probeer, hulle is dalk besig.
- Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) www.sadag.org – het baie hulplyne 0800 21 22 23 of 0800 456 789 of 0800 20 5026 en ander
- Lifeline se algemene nommer 0861 322 322 en hulle Vigs-hulplyn 0800 012 322
- SANCA vir Alkohol- en dwelmprobleme WhatsApp-lyn 076 535 1701
- Kinderlyn 0800 055 555