Gedurende hierdie moeilike tye het party ma’s dalk ongewenste, ontstellende gedagtes. Party voel dalk so erg dat hulle aan selfmoord dink.
Ervaar jy die volgende:
- is jy die meeste van die tyd hartseer en sonder hoop?
- geniet jy niks nie?
- wil jy net alleen gelaat word?
- dink jy daar is geen uitweg uit jou situasie nie?
- dink jy dinge sal beter gaan as jy nie meer daar is nie?
- dink jy aan maniere om jouself seer te maak?
- voel jy bang dat jy jou baba of kind kan seermaak?
- het jy gedagtes dat jy jou baba of kind wil seermaak?
As jy so voel, moet jy uitreik en met iemand praat. Hierdie gedagtes kan verander en kan beter word.
Kry professionele hulp. Praat met ‘n berader, verpleegster, dokter, sielkundige of psigiater. Geestelike gesondheidsorg is ‘n noodsaaklike diens tydens inperking.
Hulplyne
(Hou aan probeer as jy nie die eerste keer deurkom nie)
- SADAG Selfmoord-hulplyn 0800 567 567 of SMS 31393. 7 dae/week 8vm tot 8nm
- Lifeline Suid-Afrika 0861 322 322 te eniger tyd