Kinders ouer as 2 jaar moet ‘n gesigmasker dra wanneer hulle buite die huis is. Maar hulle moet nog steeds verder as 2 meter weg van ander mense af bly. Dit is omtrent die lengte van ʼn bed.
Maar ‘n kind moenie ʼn masker dra as
- hy/sy nie behoorlik kan asemhaal deur die masker nie
- hy/sy met die masker peuter en meer dikwels aan hulle gesig raak nie
- hy/sy nie die masker self kan afhaal nie as gevolg van ‘n gestremdheid
- hy/sy jonger as 2 jaar oud is