Ja. Jou baba moet nog soos gewoonlik vir inentings geneem word. Die regering het gesê dat inentings ‘n noodsaaklike diens is. As jy by die klinieke kan kom, moet jy asseblief versigtig wees, en gebruik al die gewone beskermingsmaatreëls. Dra ‘n lapmasker en moenie daarmee peuter nie. Was hande vir 20 sekondes met seep voor en nadat jy openbare plekke of vervoer gebruik. Gee asseblief vir ons die name van klinieke wat nie meer inentings doen nie by die gratis COVID-19-blitslyn (0800 029 999/0800 111 132).
As jy nie met veiligheid na die kliniek kan gaan nie, sal daar ná die pandemie kans wees om op te vang met inentings.
As jy kan, bel voordat jy na jou kliniek gaan om vas te stel of daar spesiale reëlings getref is vir inentings.