Ja. Die kenners sê dit is beter vir die meeste kinders om by die skool te wees
- Dit is verstaanbaar dat ouers bekommerd voel oor hulle kinders wat teruggaan skool toe. Maar, dit is belangrik om te weet dat kinders minder geneig is as volwassenes om COVID-19 te kry, en die meeste kinders sal glad nie siek wees nie of sal net ‘n ligte soort griep hê.
- Kinders met asma, allergieë en MIV (op behandeling) kan skool toe gaan.
- As jou kind enige ander siektes het, bespreek die risiko daarvan om skool toe te gaan met jou dokter.