Bykomend tot ‘n masker dra vir kinders twee jaar en ouer
- Herinner jou kinders daaraan om fisiese afstand te behou deur omtrent 1-2 meter weg te bly van ander mense, hulle vriende ingesluit.
- Moenie aan speelgrondtoerusting of ander dinge raak waaraan vreemdelinge dalk geraak het nie.
- Ontsmet hande gereeld en was jou kinders se hande wanneer hulle by die huis kom.
Leer jou kinders
- hoe om handsaneermiddels veilig te gebruik: vryf die hande totdat dit heeltemal droog is.
- hoe om hulle hande veilig te was: maak hulle hande nat, vryf met seep vir 20 sekondes terwyl hulle ‘n gunsteling-liedjie sing, en spoel af.
- respiratoriese higiëne. Dit beteken hoes of nies in hul gebuigde elmboog wat die mond en neus bedek, of in ‘n papiersakdoekie wat hulle dan dadelik in ‘n toe houer moet weggooi en dan hande moet was.
- om dit te vermy om aan hulle gesig te raak.