Categories
PIP Afrikaans

What do I do if my child is sick and I’m not sure if it’s COVID-19: Hoe sal ek weet of my kind covid-19 het? En wat moet ek doen?

Jou kind kan COVID-19 hê as hy/sy enige van hierdie simptome het: hoes, keelseer, kort van asem, verloor die vermoë om te ruik of te proe met of sonder koors, swakheid, seer spiere of diarree.  ʼn Kind kan ook die COVID-19-infeksie hê en gesond wees, sonder enige simptome.

ʼn Gesonde persoon wat in noue kontak was met iemand wat wel COVID-19 het, kan die infeksie hê.

Wat moet ek doen?

  • Soos met ander vorme van griep, is daar geen spesifieke behandeling vir COVID-19 nie
  • Gee parasetamol vir koors of pyn
  • Jou kind en al die ander in jou huis moet vir 14 dae in self-isolasie by die huis bly
  • Vir die meeste kinders sal COVID-19-toetse slegs gedoen word indien hulle in die hospitaal moet bly
  • Rus en ‘n gesonde dieet kan help

As jy bekommerd is oor jou kind (hy/sy sukkel om asem te haal, is slap en baie swak):

  • As jy dink dat dit ‘n noodgeval is, bel ‘n ambulans;
  • Of bel jou gewone kliniek of dokter vir raad.