Wat moet ek doen as my kind baie siek word en ek nie seker is of dit covid-19 is nie?
Jy is dalk bekommerd oor jou kind as dit lyk of hy/sy sieker is as net met ʼn gewone verkoue of griep. Die kind eet dalk nie, haal vinnig asem, het geen energie nie, wil nie speel nie, is baie warm en het deurlopende diarree. Die kind het dalk ʼn uitslag, merke op die hande en voete of ʼn rooi tong en mond. Of die kind het dalk enige ander gevaarteken van siekte (sien jou kind se Pad na Gesondheid-boekie). As dit die geval is, moet jou kind na ʼn kliniek of dokter geneem word deur ʼn volwassene wat nie positief is met COVID-19 nie, indien moontlik. Sê vir die dokter of kliniekpersoneel as daar enigiemand by die huis is wat siek is met COVD-19.