Categories
PIP Afrikaans

What does my child need to know about masks: Wat moet my kind oor maskers weet?

Herinner jou kind:

  • Dra jou masker as jy openbare vervoer gebruik om skool toe te gaan.
  • Maak seker dat jou masker jou mond en neus bedek. 
  • Verwyder die masker slegs om te eet of te drink (en bêre dit veilig).
  • Raak net aan die bandjies wanneer jy dit afhaal of aansit. Moenie aan die voorkant van die masker raak nie.
  • Hou ‘n ekstra masker by jou wat jy kan gebruik in geval dit nat word of gebruik is.  Sit die gebruikte masker in ‘n houer of bruin papiersak totdat jy dit kan was.
  •  Moenie maskers met vriende deel nie: as jy nie ‘n masker het nie, gebruik ‘n serp of bandana.
  • Moenie gebruikte maskers laat rondlê nie – daar sal druppels op wees as gevolg van asemhaling of hoes of nies wat die virus kan bevat.
  • Was jou masker met seep en warm water. Laat dit in die son droog word en stryk dit om dit te ontsmet.