Categories
PIP Afrikaans

What if my child is in contact with someone with COVID-19: Sê nou my kind kom in kontak met iemand wat COVID-19 het?

Dit hang daarvan af of hulle ‘n “noue kontak” is of nie. ʼn “Noue kontak” is iemand wat vir meer as 15 minute minder as 1m van jou kind af was, en een of albei van hulle het nie ‘n masker gedra nie.

  • Kontak by die huis:  sal ‘n noue kontak wees, en daarom moet jou kind vir 14 dae by die huis bly, selfs al is hy of sy gesond en wys hulle geen simptome van COVID-19 nie.
  • Kontak by die skool:  As die persoon (onderwyser of ʼn ander leerder) ‘n noue kontak is, moet jou kind ook vir 14 dae by die huis bly.
  • Indien dit nie ‘n noue kontak is nie, hoef die kind nie by die huis te bly nie.