Categories
Physical Health Afrikaans

What to do if your child has been in contact with a COVID-positive person: Kinders in kontak met iemand met COVID-19

As kinders met die virus besmet word, het hulle gewoonlik ‘n baie ligter vorm van COVID-19 as volwassenes.

Party kinders kan baie siek word met COVID-19, veral as hulle ander gesondheidsprobleme het, soos wanvoeding, TB, MIV, asma en ander borsprobleme of langtermynsiektes.

As jou kind siek word, kan dit wees as gevolg van COVID-19 of as gevolg van ander gesondheidsprobleme.

As jy bekommerd is:

  • As jy dink dat dit ‘n noodgeval is, bel ‘n ambulans. Sê vir hulle dat die kind kontak gehad het met iemand wat COVID-19 het.
  • As jou kind ‘n langtermyn-/chroniese gesondheidsprobleem het, bel jou gewone kliniek of dokter vir raad.
  • As jou kind nog altyd gesond was, bel jou naaste kliniek of hospitaal vir raad.
  • As jou kind na ‘n kliniek of hospitaal moet gaan, moet ʼn gesonde persoon sonder COVID-19 hom/haar veilig soontoe neem, en die persoon moet voorsorgmaatreëls tref.
    • Hierdie persoon moet vir die gesondheidswerkers sê dat die kind in kontak was met iemand wat COVID-19 het
    • Hierdie persoon moet ‘n masker dra. As die kind ouer as 2 jaar is, moet hy/sy ‘n masker dra.
    • Dit is die beste as iemand by die kind kan bly. Maar as niemand kan nie, moet die versorger die kontaknommer kry vir die afdeling waar die kind opgeneem word.

Jy kan ook die gratis COVID-19-blitslyn vir hulp en raad kontak (0800 029 999/0800 111 132).