Categories
Physical Health Afrikaans

Ek is swanger en gebruik openbare vervoer om by die kliniek te kom. Moet ek nog steeds na die kliniek toe gaan?

I am pregnant and use public transport to get to the clinic. Should I still go to the clinic?

Indien moontlik, stap na die kliniek om dit te vermy dat jy naby aan ander mense kom. As jy ʼn taxi moet gebruik, probeer om spasie oop te hou tussen jou en die ander mense. Jy moet dieselfde voorsorgmaatreëls tref om besmetting te vermy met COVID-19 as wat ander mense doen. Jy kan jouself help beskerm deur:

  • ʼn Materiaalmasker te dra wanneer jy in openbare plekke is.
  • Hande te was vir 20 sekondes met seep so dikwels as moontlik (of gebruik alkoholreiniger)
  • Te probeer om verder as 2 meter weg te bly van ander as jy kan, en vermy plekke waar mense saamdrom.
  • Nie aan jou gesig te raak nie.
  • Seker te maak jy volg die reëls vir goeie respiratoriese higiëne. Dit beteken dat jy jou mond en jou neus in jou gebuigde elmboog moet hou wanneer jy hoes of nies, of ‘n papiersakdoek moet gebruik wat jy dan dadelik moet weggooi in ʼn toe houer, en was dan jou hande vir 20 sekondes met seep).

As jy koors het, hoes of sukkel om asem te haal, kry vroegtydig mediese hulp. Vir raad oor wat om te doen en waarheen om te gaan, kontak die gratis COVID-19-blitslyn (0800 029 999/0800 111 132).

Swanger vroue en vroue wat onlangs gekraam het – insluitende vroue wat deur COVID-19 geraak is – moet hulle roetinesorg-afsprake nakom.  

As jy kan, bel eers voordat jy na jou kliniek toe gaan om uit te vind of daar spesiale reëlings getref is vir voorgeboorte- en nageboortebesoeke.