Categories
Physical Health Afrikaans

Hoe kan ek my baba beskerm teen COVID-19 as ek saam met uitgebreide familie bly en as party van hulle van die huis af werk?

How can I protect my baby from COVID-19 when I live with an extended family and some work out of the house?

As jy in ‘n uitgebreide familie bly, moet jy dieselfde voorsorgmaatreëls tref om besmetting te vermy met COVID-19 as wat ander mense doen. Jy en jou kinders kan julleself help beskerm deur:

  • Hande te was vir 20 sekondes met seep so dikwels as moontlik (of gebruik alkoholreiniger).
  • Nie aan jou gesig te raak nie.
  • ).
  • Nie toe te laat dat ander familielede jou baba vashou tensy hulle hulle hande voor die tyd en na die tyd deeglik gewas het nie, en hulle moet ook elke keer ʼn skoon, tuisgemaakte gesigsmasker dra.
  • Nie die baba op die mond of op die gesig te soen nie.
  • Vensters oop te maak wanneer moontlik en huishoudelike oppervlakke skoon te hou met 4 teelepels bleikmiddel in 1 liter water. Hou bleikmiddel buite die bereik van kinders.

As jy koors het, hoes of sukkel om asem te haal, kry vroegtydig mediese hulp. Vir raad oor wat om te doen en waarheen om te gaan, kontak die gratis COVID-19-blitslyn (0800 029 999/0800 111 132).