How can I protect my newborn baby from COVID-19?
- Borsvoed: was jou hande deeglik voor die tyd. As jy COVID-19 het, moet jy met ‘n masker borsvoed.
- Hou jou pasgebore baba vel-tot-vel op jou bors (maar hou die baba warm).
- Almal in die huis moet dikwels vir 20 sekondes hande was met seep (of handreiniger met ‘n alkoholbasis gebruik).
- Kies net twee of drie ander mense om met die baba te help. Almal wat tyd saam met die baba bestee, moet altyd hulle hande vir 20 sekondes was voordat en nadat hulle aan die baba geraak het. Hulle moet ook ‘n skoon, tuisgemaakte masker gebruik elke keer wanneer hulle by die baba is.
- Hulle moet nie aan hulle eie gesig of aan die baba se gesig raak nie.
- Niemand moet die baba se gesig soen nie.
- Indien moontlik, moet ander mense ten minste 1-2 meter weg wees van die baba en van die persoon wat die baba versorg.
- Hou huishoudelike oppervlakke skoon. Gebruik 4 teelepels bleikmiddel in 1 liter water. Hou bleikmiddel buite die bereik van kinders.