Categories
Physical Health Afrikaans

Hoe sal ek behandel word as ek siek raak met COVID-19?

How will I be treated if I get sick with COVID-19?

As jy positief toets vir COVID-19

  • Gedurende vroeë swangerskap sal jy by jou huis versorg word (self-isolasie) of op ‘n plek saam met ander mense wat COVID-19 het of dalk het.
  • Gedurende latere swangerskap (na 5 maande) sal jy by die huis versorg word (as jy matige simptome het en nie in kraam is nie); of in ‘n veilige plek saam met ander mense wat die infeksie het; of in ‘n kraamfasiliteit as jy in kraam is.
  • As jy ernstige simptome het, soos hoë koors en kort van asem is, sal jy opgeneem word in ‘n gespesialiseerde hospitaal met ‘n kraameenheid waar jy dalk in intensiewe sorg versorg sal word.
  • As jy die baba gehad het, moet julle bymekaar bly en borsvoed terwyl jy ‘n masker dra.

Gesondheidsorgwerkers wat jou versorg, sal beskermende klere dra en jou in ‘n area hou wat apart is van ander pasiënte. Moenie daaroor bekommerd wees nie; dit is om hulle en ander vroue te beskerm sodat hulle nie die koronavirus kry nie.