Categories
Physical Health Afrikaans

Is swanger vroue se risiko groter om COVID-19 te kry?

Are pregnant woman more at risk for COVID-19?

Swanger vroue kry oor die algemeen makliker seisoenale “griep”, en hulle simptome van griepagtige siektes is ook erger. Mediese kenners beveel griepinspuitings aan vir swanger vroue. Maar dit is nog nie bekend of COVID-19 erger is by swanger vroue nie. Op hierdie oomblik is daar nog nie ‘n entstof daarteen nie. As jy enige ander siektes het soos TB, hartsiekte, MIV of diabetes kan jou risiko groter wees.