Can the COVID-19 virus affect my pregnancy?
Swanger vroue is dikwels bekommerd oor die uitwerking van ‘n virus op hulle gesondheid en die gesondheid van hulle baba. Op die oomblik is daar nie bewyse dat die virus wat COVID-19 veroorsaak deur die baarmoeder kan gaan en die ongebore baba kan besmet nie. Daar is ook geen bewyse dat daar ‘n groter kans vir ‘n miskraam is of dat dit abnormaliteite by pasgeborenes veroorsaak nie. Hoë koors as gevolg van enige oorsaak kan veroorsaak dat die baba te vroeg gebore word.