Can I breastfeed if I have, or may have COVID-19?
Borsvoeding word aanbeveel vir alle ma’s, en dit sluit ma’s in wat COVID-19 het of dalk het. Sover is die COVID-19-virus nog nie in borsmelk gevind nie.
- Was altyd jou hande vir 20 sekondes met seep voordat en nadat jy borsvoed.
- Maak seker jy volg die reëls vir goeie respiratoriese higiëne. Dit beteken dat jy jou mond en jou neus in jou gebuigde elmboog moet hou wanneer jy hoes of nies, of ‘n papiersakdoek moet gebruik wat jy dan dadelik moet weggooi in ʼn toe houer, en was dan jou hande vir 20 sekondes met seep.
- As jy COVID-19 het, moet jy ‘n masker dra wat jou mond en neus bedek terwyl jy borsvoed. ‘n Tuisgemaakte masker kan ‘n lap of serp wees wat gewas word elke keer nadat jy dit gebruik het. Moenie aan die masker raak terwyl die baba borsvoed of wanneer jy tyd saam met die baba bestee nie.