Categories
Physical Health Afrikaans

Moet ek nog steeds na die kliniek toe gaan as ek swanger is?

Should I still go to the clinic during pregnancy?

Ja. Swanger vroue moet aanhou om vir hulle beplande voorgeboortebesoeke te gaan. Dra ‘n materiaalmasker. Wanneer jy by die fasiliteit aankom, sal jy vrae gevra word oor COVID-19, jou temperatuur sal gemeet word en jy sal gevra word om handreiniger te gebruik. Vroue wat simptome het (koors, droë hoes, seer spiere, seer keel, moeilike asemhaling) sal na ‘n aparte kamer geneem en getoets word. As jou simptome erg is, bv. hoë koors of jy sukkel baie om asem te haal, kan jy opgeneem word; of na ‘n hospitaal verwys word; of gevra word om jou by die huis te isoleer terwyl jy wag vir die resultaat van jou COVID-19-toets.