May I still go to the clinic for my family planning during the time of COVID-19 and during lockdown?
Ja. Jy sal nog steeds gesinsbeplanningsdienste by jou plaaslike kliniek kry. Maar probeer eers uitvind of daar veranderinge is ten opsigte van die diens. Maak seker jy hou aan met jou gesinsbeplanning gedurende hierdie tyd om ongewenste swangerskap te verhoed. Onthou dat kondome jou beskerming gee teen swangerskap, MIV en ander seksueel-oorgedraagde infeksies. As jy beplan om swanger te word, is dit beter om te wag totdat die COVID-19-probleem verby is.