Categories
Physical Health Afrikaans

My kind het griepsimptome wat gister begin het. Wat moet ek doen?

My child has flu symptoms which started yesterday. What should I do?

Kinders is geneig om ‘n matige tipe COVID-19-siekte te hê wanneer hulle die infeksie kry. Maar hulle kan dit maklik na ander toe versprei. Noudat ons die griepseisoen binnegaan, kan kinders ook ander virusse optel wat nie die koronavirus is nie. Die simptome van hierdie virusse kan baie soortgelyk wees aan die simptome van COVID-19.

Jy moet die gewone maatreëls neem om COVID-19 te vermy:

  • Was hande vir 20 sekondes met seep so dikwels as moontlik (of gebruik alkoholreiniger)
  • Bly by die huis
  • Indien jy borsvoed, hou aan om te borsvoed
  • Leer jou kind om nie aan sy gesig te vat nie
  • Leer jou kind respiratoriese higiëne. Dit beteken dat jy jou mond en jou neus in jou gebuigde elmboog moet hou wanneer jy hoes of nies, of ‘n papiersakdoek moet gebruik wat jy dan dadelik moet weggooi in ʼn toe houer, en was dan jou hande vir 20 sekondes met seep.

As jou kind koors het, hoes of sukkel om asem te haal, kry vroegtydig mediese hulp. Vir raad oor wat om te doen en waarheen om te gaan, kontak die gratis COVID-19-blitslyn (0800 029 999/0800 111 132).