Categories
Physical Health Afrikaans

Wat gebeur wanneer ek begin kraam?

What happens when I go into labour?

  • Vroue wat COVID-19 het of dalk het, kan normaal kraam; dit is nie nodig vir ‘n spesiale soort bevalling soos ‘n keisersnee nie. Vel-tot-vel-sorg en borsvoeding moet by geboorte begin.
  • Alle vroue wat by ‘n fasiliteit aankom en wat besig is om te kraam, sal vir COVID-19-simptome gesif word.
  • As jy dalk, of definitief, COVID-19 het, sal jy in ‘n aparte area versorg word en gesondheidswerkers sal persoonlike beskermende klere dra. Jy sal gevra word om ‘n masker te dra om te keer dat ander pasiënte of gesondheidswerkers besmet word.
  • As jy nie COVID-19 het nie, sal jy in die normale kraamsaal versorg word saam met die ander pasiënte.

Hoewel geboortemaats vroue wat kraam baie kan ondersteun, sal party fasiliteite nie toelaat dat hulle gedurende hierdie tyd van die COVID-19-pandemie saam met jou is nie. Dit is om te keer dat die virus van mense sonder simptome versprei na ander pasiënte, pasgebore babas of gesondheidsorgwerkers. Jy sal jou fasiliteit moet vra wat hulle beleid is. As jy kan, moet jy probeer om soveel as moontlik met jou geboortemaat oor die foon in verbinding te wees terwyl jy kraam.