What’s different for pregnant and postnatal women in the time of COVID-19?
Die simptome en tekens van COVID-19 is dieselfde vir swanger vroue as vir die algemene publiek. Elkeen moet sorg dat hulle nie hulleself of ander besmet nie. Jy help om jouself te beskerm deur:
- ‘n Materiaalmasker in die openbaar te dra.
- Hande te was so dikwels as moontlik vir 20 sekondes met seep (of alkoholreiniger te gebruik).
- Te probeer om verder as 2 meter weg te bly van ander as jy kan, en plekke te vermy waar mense saamdrom.
- Nie aan jou gesig te raak nie.
- Die reëls te volg vir respiratoriese higiëne. Dit beteken dat jy jou mond en jou neus in jou gebuigde elmboog moet hou wanneer jy hoes of nies, of ‘n papiersakdoek moet gebruik wat jy dan dadelik moet weggooi in ʼn toe houer, en dan jou hande vir 20 sekondes met seep te was.
- Vensters oop te maak wanneer moontlik en huishoudelike oppervlakke skoon te hou met 4 teelepels bleikmiddel in 1 liter water. Hou bleikmiddel buite die bereik van kinders.