Categories
Physical Health Afrikaans

Wat is normaal gedurende swangerskap – en wanneer moet ek kliniek toe gaan?

What it normal during pregnancy – and when should I to go to the clinic?

Jy moet na die kliniek toe aan:

  • vir jou geskeduleerde voorgeboortebesoek.
  • tussen geskeduleerde besoeke as jy ‘n droë hoes, koors, kopseer of asemhalingsprobleme het. Jy sal vir COVID-19 getoets moet word.
  • dringend, as jy dink dat jy ‘n swangerskapprobleem het, soos bloeding, erge hoofpyne, erge maagpyn, die baba nie beweeg nie; of as jy baie sukkel om asem te haal.

Partykeer is jy dalk onseker of ‘n simptoom ‘n probleem is of nie:

  • hart wat vinniger klop, kan wees as gevolg van stres of bekommernis (as daar geen koors of hoes is nie)
  • matige kortasemigheid kan wees omdat jou swanger maag groter word
  • toe neus kan waarskynlik ‘n verkoue of hooikoors wees
  • kopsere kan deur stres of verkoue veroorsaak word (as daar geen koors is en dit nie vinnig beter raak met pynstillers nie)

Sit altyd ʼn materiaalmasker aan na die kliniek toe.

As jy nie seker is wat ‘n simptoom beteken nie, of as jy onseker is oor hoe dringend dit is, bel jou kliniek of die blitslyn vir raad.  0800 029 999